Dis meer as net mooi lyk

Daar is een ding in hierdie lewe wat my soos ‘n boss bitch laat voel, en dis ‘n ordentlike paar hakke. Van boots tot open toe shoes, as die skoen gemaklik is en ek maklik in die kan loop dan dink ek dat ek ‘n super hero is. My vereiste is soos vol:

Die hak moet twee vingers dig wees, enige iets kleiner en mens kan nie in dit loop en dit sak maklik weg in die grond.

Die sool moet lyk soos ‘n tyre. Firm grip, no slip. Dit moet lyk of ek van plan is om Kilimanjaro gaan klim.

As dit hoog om my enkel kan op kom sal dit ‘n bonus wees sodat as ek skeef trap, my enkel nie seer kry nie.

En so kan ek aan gaan met nog details maar ek dink jy kry die idee….ek het nie baie skoene nie. Ek dra ook nie regtig hakskoene nie want jy kan nie agter mal skaapies en paranoid katte aan hardloop in hakke nie. Die dag as ek wel my hakke aan het voel ek op ek ‘n vrek sexy is. Al het ek ‘n sweetpak broek aan, met ‘n goeie paar hakke I will rock it! Dan moet die hare gewas wees en ek moet maskara en eye liner op plak. Dis my war paint. Jy moet weet, as ek die dag op jou neersak met my hakke aan en my gesiggie geverf, gaan jy nie lig van dit af kom nie. Dis weird, my man is iemand wat niks gepla is hoor hoe ek lyk nie. Skoon en netjies is al wat saak maak vir hom. Ek kan kaalgat rondloop solank ek skoon en netjies is, is als fine. Ek kan dus daarmee weg kom in in los broeke en groot hemde rond te loop. As ek opdress kom hy dit nie eers agter maar my selfvertroue skiet deur die dak en dan is ons geneig om alles wat my die week kwaad gemaak het te debateer.

Donderdag is ons uit vir ete. Swart hemp, los trui, donker denim en my drinking boots. Ek het daardie skoene al van dat ek 20 is en hulle is deur elke party saam my. Hulle lyk al oes maar as ek die klik-klak van die hakke op die sement hoor, dan weet ek dis tyd om awesome te wees. So hoekom vertel ek julle hierdie nuttelose strooi? Want toe ek Donderdag vir myself staan en kyk in my hakke en my gesiggie gepaint toe lyk die vrou wat vir my terug kyk stunning. Dis nie dieselfde vet, bleek en boring ou huisvrou wat vanoggend daar was nie. Sy is skielik weg. Ek begin toe wonder, is ek al een wat soos superman in ‘n hokkie kan spring en van boring Mr. Kent na held gaan deur net klere te verander. Deur net die regte paar skoene, denim en make up aan te sit. Deur net my hare te was en lipgloss aan te sit. Is ek al een wat sulke magic kan maak gebeur?

Nee, ek dink dis wat elke vrou elke oggend doen. Ons staan voor ons “looking glass” en maak reg vir oorlog. Vir die oorlog met die kinders wat nie wil opstaan of die man wat nooit sy koppie in die wasbak sit of die ou in die verkeer met sy bakkie wat heel pad op jou gat sit of die baas wat weer met jou praat asof jy gister uit die skool uitgekom het. Jy het jou armor en war paint aan en jy kan enige iets hanteer. So volgende keer as jou man moan oor jy lank vat om “mooi” te maak gil op hom:

images.jpg

Die Wit (Warrior) Hasie

Advertisements

2 responses to “Dis meer as net mooi lyk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s