Wil jy saam speel?

tons-of-fun-ball-pool-compressed2.jpgGoed, hierdie is dalk vreemd maar hopenlik sien julle die fun in dit soos ek. Ek moet 15 stories skryf en mens het nie altyd so baie in jou nie. Wat ek wel agter gekom het is dat as iemand my ‘n titel gee, ek blits vinnig ‘n storie kan skryf. Vandag is ek besig met Pertose se klavier en dit kom van ‘n gesprek met vriende waar een van hulle Petro verkeerd getik het.

Ek kan net dink hoe begin die storie….Sy was ‘n vaal meisiekind, met tande te groot vir haar mond en een oog wat so nou en dan sy eie koers in slaan. Tot sy agter die klavier gaan sit…
En toe gee dit my dit plan, vra die bloggers om te help. Wat is tog nou die doel van ‘n blog gemeenskap as jy nie so nou en dan hulle “brain pick” nie? So almal wat wil, elkeen wat die pret hierin kan sien…skiet met ‘n titel. As ek nie wen gaan ek in elk geval die stories hier plaas en dan kan julle sien wat het ek met die titels gedoen. Ek gaan nie stress oor die proses en dus maak ek dit vir myself pret want om eerlik te wees, as ek mooi moet gaan sit en dink oor wat ek besig is mee gaan ek mal word.
Speel saam en red ‘n haas.
Die Wit Hasie
Advertisements

13 responses to “Wil jy saam speel?

  1. Ek wou nog altyd ‘n autobiografie geskryf het met die Titel: Die kat op die Blou Kombers en ‘n riller met die titel: Cobra waks of Lion Vuurhoutjies. Enjoy !

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s