Dink mense, DINK!

b4ebe372934170f2b2f2c8acf00cacd9

Fake nuus en die sotte wat dit versprei maak my ongelooflik kwaad. Daar is niks wat so vinnig weg gee hoe lui en dom jy is soos as jy fake nuus versprei. Mense, dit vat minder as ‘n minuut om iets te Google, om vir jouself te dink en om te wys jy het nie in jou m@#r in gedruip met Aardrykskunde. Gister het ‘n video van ‘n tornado in Kaapstad kop uitgesteek en vinnig versprei. Het jy GEEN idee hoe vorm tornados nie? Behalwe dit, dink jy nie ons sou op die TV en radio gehoor het van al die skade nie of besef jy nie dat ‘n tornado meer skade as ‘n winter storm veroorsaak?

Nee mense, julle moet begin DINK. Dis iets wat ek die laaste twee weke oor en oor en oor vir mense sê. Dis asof almal in SHEEPeople verander. Nou stuur jy ‘n storie aan oor swart rassiste (ja daar is van hulle) wat buurte gaan invaar en mense vermoor. Jy het geen idee watter tipe paniek jy veroorsaak nie. Vat nou die Knysna brande, mense kry nie hulle mense op die foon en nou lees hulle ‘n storie oor hoe mense teen die water dood gebrand het. Dankie tog dis fake maar het jy wat daai share knoppie slaan enige idee wat jy aan daardie mense gedoen het? Die histerie wat hulle moes voel tot hulle iets van hulle mense hoor. DINK, GOOGLE (gebruik sommer al die search engines wat beskibaar is) en LEES. Dan as jy sien iemand deel fake nuus, help hulle reg of report ‘n “repeat offender” want so kan dit nie aangaan.

Ja ek is baie kwaai en hard met my woorde. Ja-ja ek weet! Ons is besig om ‘n vreeslike pissie mensdom te word waar ons alles wil reg praat. Aanvaar nou maar daar is mense wat se ore op hulle gat sit en praat werk nie, net ‘n goeie pakslae (jy kan hom nie fisies slaan maar daar is ander maniere) Ek het die week ‘n man en vrou op Facebook gesien wat ‘n ander vrou verbaal gepak het. Die man het op ‘n ander persoon se wall, ten aanskou van die heel internet (want dis ‘n public post) die vrou ‘n d@#s en p@#s genoem wat nie genoeg anal kry of sex toys het. Dis nie ‘n fake profile wat hy het nie en hy gee homself as skrywer voor. Die vrou (of eerder meisiekind) wat saam gepraat het sulke walglike taal gebruik dat ek begin wonder het of sy regtig ‘n vrou is. Dalk eerder iemand van die straathoek af jy weet. Sy is ook ‘n skrywer. Nou raai wat, ek net duisende ander het hulle vuilbekke gesien, hulle name is in my kop gebrand en ek sal in my lewe niks koop van hulle en ook nie mense wat ek ken toe laat om dit te koop. Jy KAN NIE so met of van ‘n ander persoon praat en weg kom daarmee nie. Jy is baie siek in elke geval as jy wat ‘n man is, so van ‘n vrou praat.

Ek is nie ‘n engel julle maar ek is slim genoeg om te weet jou public profile moet darem nie waglik wees nie. Jy kan privaat ‘n vark of asshole wees maar dis iets wat nie almal hoef te weet. EN as jy aan die publiek iets wil verkoop soos jou stories, dan beter jy nie die publiek se pienk p@$! vloek nie jy weet. Mense koop nie net die boek, hulle koop is stukkie van jou en jy Mister en Miss Vuilbek soek ek nie in my huis.

Gah! Sies! Spoeguit!

Die Wit Hasie

Advertisements

2 responses to “Dink mense, DINK!

  1. Ek kry net die idee dat daar ‘n baie siek deel van die samelewing is wat vieslikheid soek. So, dalk hét hulle ‘n mark.
    Kaneel het een keer ‘n blog geskryf oor die naaldwerk wat sy doen en die masjien wat sy gebruik, Google verwys die vieslikste navrae na daardie bloginskrywing. Dis om van te walg.
    So, dis hartseer, maar ons mense is siek, siek, siek. Gelukkig nie almal nie.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s