My hart brand

AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDZiZTQ0Y2FlLWQ3OTMtNGY2ZS05OGE2LTk1YThmNDliMWUzNQ.jpgb4ebe372934170f2b2f2c8acf00cacd9.jpgEk tjank al heeldag oor ‘n plek waar ek nie bly. Kyk, vra jy vir mense wat my ken waar kom ek vandaan sal hulle jou vertel my bas is in die Bosveld gebore maar my hart staan in die Knysna woude. Ek dink in my vorige lewe het ek in die Kaap area gebly en ek het ‘n groot liefde vir alles daaronder. Maar nie Kaapstad self nie hoor, nie ‘n plek vir my. Nou gister sien ek die brand en dit in ‘n dorpie wat Dalene Matthee nogal so diep in my in geskryf het, Knysna. Wat ek sien op TV en op social media druk my keel toe. Ek weet hoe het dit gelyk voor die brand en nou sien ek fotos van plekke waar ons gery het en dis weg. Ek huil so dat my mousepad dryf in die trane. Dis so stupid man, dis nie my huis wat afgebrand het, dis nie ek wat mense daar het nie maar my hart breek steeds. Ek wens ek was daar naby sodat ek my tyd en my hande kon gaan gee. Al is dit net om ‘n kombersie om iemand se skouers te sit.

Nou hoor ek die vuurmuur beweeg na die Tsitsikamma woude en daar is geen keer. Ag julle, ek voel so simpel om oor dit te huil want daar was al baie brande in die Wes-Kaap, hierdie is nie die eerste maar dit voel of my hart brand.

9142b0f6-e225-4e0d-b2ce-1764f1b2536d+(003).jpg

Die Wit Hasie

Advertisements

6 responses to “My hart brand

  1. My hart huil baie hard saam! Dit is verskriklik. Dis ‘n verwoesting wat ek myself nie kan (of wil) indink nie; tog is daar so baie mense waarvoor dit nou ‘n harde realiteit is…

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s