Dis nie God nie is dit?

Ai mense, die land het mal geword. Aan die een kant is daar swart mense wat reken Knysna is ‘n wit mens plek en moet maar brand. Dan is daar die medic wat op Facebook geskryf het God straf Knysna omdat hulle een of ander tyd 12 gay huwelike op een dag bevestig het. Wat my skok is die f@#k nuts wat saam met hierdie man stem. Vertel my gou, daardie gesin wat in die brand dood is, die 3 jarige meisie, die oom wat ‘n hartaanval gekry het en die mans wat dood is terwyl hulle die brand geblus het…reken jy jou god het hulle gestraf omdat hulle gay was? Of hoe dink jou klein brein? Ek is regtig nou amptelik klaar met die Christen titel. Hierdie mense reken hulle is Christene en dat die medic reg was en dat hy/sy opstaan vir wat reg is en “God” nie met hom laat spot (gaan lees maar die comments op Maroela Media) en al wat ek dink is, dis nie my God. Want sorry maar ek gaan nie ‘n deity aanbid wat onskuldige kinders laat doodgaan omdat Hy kwaad is vir gay mense nie en ek gaan for sure nie in die selfde groep gesit word as hier platvloerse mense nie. As jy een van hierdie mense is, raai wat? Ek en jy gaan saam in die hel sit hoor. As mense my moet vra watse geloof ek is, sal ek net sê ek glo en in wat en wie het niks met jou te doen.

Ek weet dat nes die swart rassiste, is hierdie liefdelose swart hart Christene in die minderheid maar ongelukkig het ek al meer slegtes as goeies ontmoet en ek wil nie meer saam julle speel nie. Hoe kan jy Jesus as jou verlosser aanvaar en dan sulke goed kwytraak? Was Jesus nie hierdie awesome ou wat gevra het dat ons vir mekaar moet lief wees nie? Dat ons moet vergewe, die wang draai, niemand ooit weg wys en al daai jazz? Ek dink regtig nie Jesus sou Knysna wou laat brand en kinders wou laat doodgaan omdat gays daar trou nie. Dan wil ek ook net asseblief noem dat Pretoria en surroundings in groot kak is. Faan wat so lekker saam jou braai met sy mooi vrou en kinders het ‘n affair met Jaco, sy business partner. Jou oupa Gert het jou ouma Annie verneuk met Sophia wat in die huis werk en Sophia se kind Klaas wat in die tuin werk, is eintlik jou oom. Jou mooi meisiekind wat kastig so slim is, snuif lekker drugs. Daar is nie een sonde groter as die ander so as jullle grotkruipers reken Knysna het gebrand oor die gays, dan gaan ons hele land brand oor al julle sondes. Het julle geweet hoe groot Swingers SA is? Jy ruil jou man of vrou met ‘n ander man of vrou en dan pokkel julle almal saam. Gaan Google dit net. Maar solank jy nie gay is nie ne.

Ek skaam my vir my mense. So erg dat ek wens die aarde sluk my in. Dis nou wat die mense dink ons is. Judgmental hartelose monsters want dis wat ek sien. En weereens, dis net ‘n klein groepie maar hulle is so loud dat hulle al die aandag trek en dan sien mense nie die goeies raak nie. Die ma van drie wat haar laaste geldjies gebruik om goed vir die mense in Knysna te stuur, die ou oom wat sy ekstra kombersie af stuur, die jong boer wat ‘n vrag lusern vir die diere vat, die pas getroude gay paartjie wat vreemdes in hulle huis laat kom bly en die mense wat regtig weet hoe lyk liefde en hoe dit werk.

Ek sal weer hier skryf wat ek met my hele hart glo. Ek gee nie om wie jy is of wat jy doen, solank jy ‘n goeie mens is wat ander nie seermaak is jy welkom in my huis. En vir die klomp knuckle draging flat face window lickers wat saam daardie medic stem….julle god en myne is nie dieselfde en dis okay maar for the love of nature, take a long walk on a short pier met sement skoene. Ons het mense met oop harte en ‘n Jesus gees nodig, nie ‘n ou testament wrath of God mentaliteit nie.

Die Wit Hasie

Advertisements

8 responses to “Dis nie God nie is dit?

  1. Terug pieng: Dis nie God nie is dit? | Lekkervurigeaffêre·

  2. My gunsteling sêding van Jesus was juis: Laat hy wat sonder sonde is die eerste klip gooi. Versie wat ons so baie gehoor en gelees het maar ons besef net nie hoe belangrik dit wel is nie.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s