Ek ken jou ‘n duisend maal voor nou

My man is ‘n man van baie min woorde, regtig baie min. Soms dink ek dat ons twee getrou het sodat ek kan praat en hy net daar kan sit sodat ek nie lyk of ek met myself praat. Ja, dis iets wat ek nogal gereeld doen. Gewoonlik vat dit ‘n paar drankies voor jy hom aan die praat kry maar dan praat hy sinvolle dinge. Hy kan ook vreeslik romanties wees soos die keer wat hy af gevlieg het SA toe net om my op die lughawe te kry en saam my terug te vlieg Zim toe omdat ek nog nooit gevlieg het, histeries bang is vir vlieg en nog net een keer uit my eie land was. He goes big but not often and that’s just fine with me. Ons storie is eintlik vreemd want ons het in die begin niks van mekaar gehou. Ek het gedink hy is ‘n asshole en hy het gedink ek is ‘n bossy bitch. Dit sou ses maande en nog twee “toevallig” kuiertjies vat voor ons behoorlik begin praat het.

Ek was oppad af Kaap toe saam my ouma en oupa. Moeg vir die klein dorpie waar ek gebly het en reg om vir die eerste keer van die huis af weg te trek. George was waar ek wou gaan bly en toe ons daardie Julie op vakansie gaan soentoe, was ek doodseker ek sou my man daar ontmoet. Ek het selfs ‘n lysie gemaak van wat ek soek in ‘n man. Presies punt vir punt, van sy kroontjie tot sy toontjie. Ek het toe my man (weer) ontmoet. Hy was in Zim en ek in George, 2000 km van mekaar af maar ons het uiteindelik nie net gesels nie maar gepraat. Binne ‘n maand het ons besluit ek gaan alles los en na hom toe trek, ons gaan trou en veraltyd saam wees. Die skrywer in my, wat altyd die beste stories wil skryf, het geglo ons is bedoel vir mekaar. Dis mos maar ‘n vroue ding jong.

Tot die ander aand wat ons sit en gesels. Ons praat weer oor mense en verhoudings en ons twee wat gelukkig is om so goed te pas van die begin af. Ek sit en wag dat hy vir my lag en vertel hoe “girly” ek nou weer is toe hy skielik na my draai en ernstig raak.

“Ons twee was maar net bedoel vir mekaar. Maak nie saak wat nie, ons sou mekaar gevind het. Ek dink ons was in baie vorige lewens ook bymekaar en dat ons van die begin af net weer mekaar gesoek het.”

Mense, en vir die eerste keer in my lewe het ek NIKS terug te sê.  Ek skud maar net my kop en stem saam. Jy vra seker of die Haas nou spog of kastig kla of wat gaan hieraan. Wel, dis iets wat ek diep in my hart gaan wegsteek het vir wanneer ons baklei, mekaar gewoont raak, buite faktore kom krap in ons huis of die lewe net ons huwelik se fondamente kom skud. Ek hou dit in my hart se kluis soos die laaste bootjie op die Titanic dat sodra ek kwaad en seer en reg is om te loop, ek daardie oomblik en woorde kan herroep en onthou hoekom ek so diep lief is vir hierdie man. En toe dink ek, stel jou voor elke paartjie het so oomblik wat hulle kan aan vasklou…sou jy steeds wil loop, rondloop of vieslik wees met mekaar? Sou jy wou skei as jy by ‘n venster kon inloer en julle twee kon sien in die begin jare, toe julle nog diep lief was vir mekaar?

Die lewe en mense in jou lewe maak dat julle verby mekaar lewe, vergeet hoekom julle saam is, vergeet dat julle mekaar ‘n duisend maal voor nou al lief gehad het en eindig in baie hartseer op. As mense klaar is met mekaar is hulle klaar maar miskien as jy iewers in jou die laaste bootjie op die Titanic het, kan julle dit maak. Dis deesdae so normaal om net saam te bly, om te skei as julle gatvol is, om kinders te kry by hordes verskillende mense dat die huwelik en ‘n hegte gesin nou die rebel thing to do is. Ek hou daarvan om teen die stroom te gaan en lyk my dit is om te baklei vir jou huwelik en nie sommer net op te gee nie. Ek maak dus bietjie vir bietjie bootjies bymekaar, let wel meer as een, vir die dae wat die water ons van mekaar af wil dryf. Ek hoop hierdie post laat een persoon (net een is genoeg) anders na hulle maat kyk vanaand, dalk onthou jy een van julle bootjies wat jy al van vergeet het, iets wat jou van voor af weer lief maak vir die bok op die bank.

4ad6070f1fe273cca16ae847776a59e8

Die Wit Hasie

Advertisements

6 responses to “Ek ken jou ‘n duisend maal voor nou

  1. Ek het die dag ‘n belofte voor God en getuies gemaak dat ek vir altyd sal lief wees vir my vrou en ek glo dat wat God bymekaar gesit het, geen man mag uitmekaar breek nie.
    Dit klink dramaties ek weet. Maar dit is waaraan ek vashou. Maar die bootjies idee is ook baie goed.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s