Mal soos ‘n Wit Haas (nogsteeds)

Dis koud, drie-lae koud maar ek hou van dit. Hier is ek bietjie soos Dexter wat koue met skoon assosieer. Ag en gee my ‘n bewolkde dag saam daardie koue en ek is in die hemel. Dalk het ek in ‘n plek soos Skotland gebly in my vorige lewe. Jy wonder seker hoekom praat ons oor die weer, want ek is moeg vir dink. Ek het nog net 3 stories en ‘n 7000 woorde taak klaar gemaak in die laaste 3 en half weke en dit voel vir my of ek niks gedoen gekry het nie. Ek is maklik voor 7 op in die oggend en eers na 11 donker nag in die bed. Dit gee my 16 ure om te werk. My 15 stories en die taak moes al klaar gewees het. Ongelukkig loop my stroompie van stories baie dun. Dat ek sukkel met my geheu help ook niks. Ek sal in die stort wees, ‘n hele storie uit dink, so diep in die stories wees dat ek vergeet om onderklere aan te trek maar teen die tyd wat ek in die sitkamer kom…..is my skermpie wit. Dis asof iemand “select all – delete” in my kop gedruk het.

My grootste vrees was nog altyd dat ek gaan mal word of dat my brein my in die steek gaan laat. Hoe slim ek is (of voorkom) is al wat ek het want ek het nie looks nie en ook nie geld. Nou begin ek die druk voel, nie om hierdie kompetisie te wen nie maar om ‘n boek te skryf. Om my self tussen woorde, sinne en hoofstukke vas te vang voor “ek” nie meer hier is (dalk dood of die brein gee in) sodat ek op my eie manier veraltyd kan lewe. Soos Dalene Matthee veraltyd sal lewe wanneer iemand haar boek oop maak. Meeste mense lewe voort in hul kinders maar ek gaan nie nou skielik ‘n bestelvorm vir die ooievaar stuur nie. Nou hoe op aarde maak ek om die stories te onthou, om my aandag lank genoeg op die skermpie te fokus dat ek net iets gedoen kry.

Ek sal dit weer sê, ek verstaan hoekom kunstige siele so suip (of boom rook) want om goed uit jou kop te kry op so manier dat ander dit verstaan is derms ryg. Nee wag, ek dink ek sal makliker my derms in ‘n hangertjie kan verander as om hierdie stories klaar te kry. Ongelukkig is ek my pa se kind wat beteken ek is onmoontlik hardkoppig en trots en gaan dus nie opgee tot ek in ‘n hoekie sit en die verf van die mure af lek.

Die blog post is gedoen om julle te wys die Haas lewe nog. Dis opgedra aan elke skrywer, al is dit net jy wat jou stories lees. Good for you man, sien jou by die meeting.

Die Wit Hasie

Advertisements

8 responses to “Mal soos ‘n Wit Haas (nogsteeds)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s