So braaf soos Suna

Suna Venter is ‘n heldin. Sy was ‘n joernalis met integriteit, durf en moed. Sy is dood geboelie deur mense wat bang was vir haar. Vir daardie klein vroutjie met die sagte glimlag. Wat hulle aan haar gedoen het is ‘n aanval teen elke liewe persoon in Suid-Afrika. Sonder vryheid van spraak kan mense soos Zupta maak nes hulle wil, kan mense soos Bob die hoof van ‘n land wees al moet hy doeke dra want hy is te oud en om vryheid van spraak te verloor is so goed soos jy is ‘n kwadrupleeg wat elke dag moet sit en kyk hoe iemand jou molesteer. Ja, dis hoe ernstig dit is. In Zim, as jy praat teen Bob, verdwyn jy sommer net een dag en niemand hoor ooit weer van jou. Net vir my om hier te sit en die ou man te kritiseer, terwyl ek in Zim bly, is al reeds ‘n groot kans wat ek vat. Gaan hulle ooit my blog lees, kan enige van hulle Afrikaans lees, is wat ek kwytraak regtig so sleg? Seker nie maar dis wat gebeur as vryheid van spraak van jou gevat word, jy word bang om enige iets te skryf.

Suna Venter se dood en die BLF se “hit list of journo’s” behoort elke liewe persoon wat hierdie lees woedend te maak. Once you get angry, you get going. Stel jou voor BLF slaag daarin om journaliste so te intimideer dat daar niks geskryf word oor die ANC? Of hulle kry dit reg om te beperk wat JY op jou social media deel. Blog sal nie bestaan of toegelaat word nie. Hoeveel Zimbos ken jy wat blog? Wat jy tweet of post op Facebook sal onder ‘n vergrootglas geplaas word. Hoeveel stories lees jy uit Zim? Het julle geweet dat ‘n jaar terug kon ons nie ons selfone is Zim gebruik nie want die “sein” het verdwyn na mense ‘n “peaceful protest” wou hou het, deur Whatsapp gekordineer het en Bob dit niks gelike het. Dit het later aan die lig gekom dat Bob en kie het die selfoon maatskappye gedwing om alles af te sit sodat mense nie kon beplan waar om bymekaar te kom nie. Laat dit gou insink. Die regering het doelbewus mense gekeer om te kommunikeer vir Zanu se eie agenda. Kan jy dink wat kan alles met jou in daardie 24 uur gebeur as jy nie ‘n manier het om enige iemand te kontak?

Dit is die swart hond wat nou voor ons deur staan. Suna Venter is dood geboelie. Sy het opgestaan vir wat reg is en hulle het haar gemartel daarvoor. Sy is nie eens klaps vermoor nie, hulle het haar laat lei. Sy is ontvoer, het daagliks dooddreigemente ontvang, daar is by haar huis ingebreek, sy is in die gesig geskiet met ‘n geweer wat haar nie sou doodmaak maar net skade sou doen. Sy is dood omdat haar hart ingegee het. Sy was ‘n jong vrou wat niemand skade aan gedoen het nie, sy integriteit gehad en dit was haar sonde.

As jy hierdie kan lees, is ons nog vry. As julle op julle hande gaan sit en die social platforms wat ons gegee is nie gebruik vir iets meer as net ‘n foto van wat jy vreet, gaan daar ‘n dag kom wat  ons so gesonsor gaan word dat dit die apartheids regering sal laat skaam kry. 

Kan ek maar net hoop om eendag so braaf soos Suna Venter te wees.

Die Wit Hasie

Advertisements

One response to “So braaf soos Suna

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s