Book Rage is ‘n regte ding

Ek het dit gedoen, ek het ‘n Romanza-boekie gelees. Dis ‘n paar dae van my lewe wat ek nooit weer sal terug kry en ek spandeer lag-lag 16ure op Sims. Laat ek net vinnig klaar jammer sê vir die mense wat hierdie boekies geniet. Daar is niks fout met jou nie, it’s me.

Wie die boekie geskryf het gaan ek nie noem maar die titel moes my al klaar laat weet het ek is in vir ‘n ding. Iets van “Casanova kom weer” en jy sal verbaas wees hoeveel van hierdie Afrikaanse Mills & Boons boekies bevat ‘n casanova in die titel. Ek wou graag lees hoe word romance in Afrikaans gedoen en om eerlik te wees, ek het gehoop hulle raps mekaar sodat ek kan sien hoe skryf jy so ‘n scene in Afrikaans, wat baie min beskrywende woorde het.

Ons begin met ‘n vakansie na Griekeland en ek weet klaar wat wag. Sy gaan ‘n ou ontmoet, hy gaan haar wil vry en sy gaan hom wil vry maar iewers gaan ‘n misverstand wees, hulle gaan nie aan mekaar hulle gevoelens wil erken maar op die einde gaan hulle bymekaar uitkom. Ek was toe reg hoor. Dis die eerste boek in my hele lewe wat ek wil verbrand net omdat ek bang is dit beland in ‘n onskuldige persoon se hande en verveel hulle dood. Ek soek nie iemand se dood op my gewete. Die vrou wat die hoofkarakter is, is totaal en al ongeloofwaardig as ‘n 23 jarige maagd. Sy is ouer geskryf en wraggies, nie eers my 50-something ma praat so nie! Daar was geen seks want….ek kan nie eers onthou nie maar hulle is toe nou later eers getroud. Dis nou wat ek noem fantasy hoor.

Ek kan nie ‘n boek lees wat so voorspelbaar is nie en ek dink dat ek nie romanties genoeg is om sulke boeke te waardeer nie. Is dit net die skrywer wat so swak skryf of is Afrikaanse romanza boekies regtig so swak? Ek het die boek aspris in die bad laat val oor sy eerder in sy donker oogies as die see gaan verdrink. Mense, hoor my mooi…my hart sing vir my man en ek glo die eggo van my siel wat syne geroep het, het duisende kilometers ver gestrek en hom vir my gaan haal. Ek glo in al hierdie dinge maar as ek ons storie moet skryf gaan my karakters nie klink asof hulle nou net uit matriek gestap het nie. En ek wag steeds om “verlief” te voel liewe skrywer. Jy’t vergeet om daardie gevoel te wek by jou gehoor. Nooit het ek gedink ek sal so negatief oor ‘n boek praat nie, dit voel soos sonde. Ek het beter woorde vir Fifty Shade of stupidness gehad as vir hierdie boekie. Die lus om hate mail vir die skrywer te stuur is baie groot. Gelukkig het ek die ding verniet gekry maar ek is nou klaar met die romanza boekies. Wat jammer is want miskien is daar iemand wat wel goed skryf en ek het nou net die lady potato  head van die lot gekry.

Het jy al ‘n boek gelees wat jou laat voel het jy wil die ding brand? Laat weet my bietjie.

Die Wit Hasie

Advertisements

4 responses to “Book Rage is ‘n regte ding

  1. Daar was ‘n tyd gewees wat ek nogals baie erotika gelees het, want porn videos download op ‘n 56K modem was selfmoord op die beursie. Om te sê ek het ‘n groot klomp potte snot gelees sal die understatement van die jaar wees.
    Die einde daaraan het gekom toe ek die dag ‘n boek optel. Ek het gelees tot die scene waar ‘n klomp misvormde inbred broers en susters mekaar beet pak.
    Ek het na die 3 kwart bottel vol Jack Daniels langs my gekyk en net besef: Daai gaan nie genoeg alkohol wees om my brein te steriliseer van die twak wat ek nou gelees het nie.
    Dis sommer van daardie dag af wat my Kindle app net stof opgegaar het op my Ipad.
    Ons deel met siek mense daar buite…

    Like

    • Ek is mal oor Sylvia Day. Daardie tannie skryf sexy goed maar met ‘n awesome storie daarby. Ek dink ek is bang vir eboeke want enige ou kan een maak deesdae maar uitgewers sal nie enige snert uit gee nie. Ou Lapa het lyk my net hier in ‘n maklike mark ingetap met die romanza reeks

      Like

      • O ja. My ma het sulke tipe boeke verslind, netso my suster ook. Ek glo as sy die geld gehad het, kon sy ‘n Romanza biblioteek begin het met haar boeke wat sy sou lees.
        Maar die Ou Sus glo nog sterk aan tweede handse boeke.

        Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s