I’m late / I’m late / For a very important date. / No time to say “Hello, Goodbye”. / I’m late, I’m late, I’m late.

8f752a2ba421f3e95e41454ec0191a8f.jpgDrie weke en vyf stories later begin dit lyk of ek dit gaan maak. Die maand moet ek egter dubbel soveel doen sodat ek volgende maand kan gebruik om die stories te versorg. Omdat ek nog simpel groen is as dit kom by skryf, maak ek baie foute. Soos dat ek te veel in die verlede tyd skryf en natuurlik spelfoute en taalfoute. MAAR as ek dink dat hierdie my eerste poging is om ernstig te skryf dan dink ek dis baie klein goedjies. Die proses is nie maklik nie. Ek het die ander dag so kwaad geword vir ‘n storie dat ek begin huil het. Die ding wou nie uit kom soos dit in my kop is nie en dit het gevoel of my lyf aan die brand was so het ek myself vererg. It’s a beautiful madness.

Nou moet ek ‘n titel ook uit k@k vir hierdie bundel voor ek enige iets kan stuur. Vir nou hak ek vas op:

‘n Ding wat spring

En

‘n Bietjie van alles

Ek is nou nie flippen Stefaans Koning nie so have a little heart. Ek probeer. En dis ‘n ander ding wat ek besef het, solank jy probeer so hard as wat jy kan dan kan niks wat jy doen verkeerd wees nie. (Teensy dit moord is en selfs dan kan dit reg wees as die lyk nooit gevind word nie) Miskien lees ek te veel van oom Koning se boeke. Nou ja vriende, die Haas lewe en oor ‘n paar dae word Die Wit Hasie EEN jaar oud. Dis ‘n blog vir ‘n ander dag. Enige idees vir ‘n titel sal ernstig opgeneem word so laat waai.

Groetnis

Die vrolike of mal Wit Hasie

Advertisements

4 responses to “I’m late / I’m late / For a very important date. / No time to say “Hello, Goodbye”. / I’m late, I’m late, I’m late.

  1. Sterkte sterkte sterkte!
    Uit jou twee moontlikhede kies ek die ding wat spring of ‘n verwerking daarvan. Ietsie ‘fun’. Nou ja, hoe sal ek nou weet, ek weet mos nie waaroor die boek gaan nie!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s