Ore of blompotte?

Wanneer laas het jy na iemand geluister? Ek praat nie hier van jou vriendin wat jou vertel van hoe haar man met haar maak en jy deel jou opinie oor wat sy moet maak. Ek praat hier van luister om te luister, nie luister om te antwoord nie. Dit was iets wat ek baie goed kon doen toe ek jonger was maar iewers in my lewe het mense op gehou luister na my en ek het begin praat wanneer ookal ek ‘n kans gegee is. Dit breek my hart as mense probeer grap en vir my vertel ek praat te veel. Ja, want niemand luister ooit nie en wanneer ek wel my beurt het om te praat dan word daar altyd bo-oor my gepraat. So, wanneer dit my kans is om te praat vat ek ‘n lang asem in en praat so gou ek kan alles uit voor ‘n asshole weer hulle storie by myne wil las. Die waarheid is, ek stel nie belang in jou raad of opinie of wat jy dink van Sarie nie. Gee my kans om alles uit my siel te kry en dan sal ek jou vra “So wat dink jy?”.

Ons almal voel so. Ons almal voel ons word nie gehoor en dat niemand omgee wat ons eintlik wil praat, niemand luister om te luister nie. Almal luister vir die gap in die gesprek waar hulle kan begin praat. Terwyl jy jou siel leeg maak, sit ek en dink wat ek ju gaan vertel sodra jy stop vir asem. Dis vieslik! Hoe het dinge so ver van die pad af gegaan? Die eerste tree op die pad na herstel is om te erken jy het ‘n probleem. Dames en Here, ek het ‘n probleem….ek praat te veel en luister te min en dit maak van my ‘n selfsugtige persoon. Daar is niks in die lewe wat my so kwaad maak soos selfsug nie en om dit in myself te vind is walglik.

Nou hoe maak mens dit reg? Ek dink jy begin deur jou kop skoon te maak sodra iemand met jou begin praat, nie gesels nie want dit doen ons sommer tussen die rakke in Spar. Jy dink aan niks en fokus net op wat die persoon oorkant jou vir jou probeer vertel. Kyk na hulle gesig, luister na hoe hulle stem op en af gaan en probeer tussen die lyne lees. Maak hier en daar ‘n nota vir wat jy vra of sê maar doen dit vinnig en sit dit opsy in jou kop vir later. Uiteindelik moet jy besluit of die persoon net wou afpak en ‘n drukkie soek en of hulle regtig wil hoor wat jy dink. Daar is hoeveel keer wat ek my hart teenoor ‘n vriendin uitgestort het net vir haar om terug te kom met ‘n miljoen opinies en al wat ek kan dink is

“Wie het jou hokkie geskud? Gee my net ‘n drukkie en lieg vir my, vertel my als gaan okay wees.”

Ek self is skuldig hieraan en ek dink as ek meer geluister het om te luister, sou baie van my vriendskappe nie tot ‘n einde gekom het op so lelike manier nie. Indien enige van julle hierdie lees, ek is jammer. Ek het die bus gemis met soveel kanse om ‘n beter vriendin te wees terwyl ek van julle verwag het om beter te wees. Skande!

Aan elkeen wat die blog lees, dankie dat jy kom luister het.

Die Wit Hasie

Advertisements

One response to “Ore of blompotte?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s