1 Jaar oud!

untitled2.png

Vandag het Die Wit Hasie stil-stil ‘n jaar ouer geword. ‘n Jaar terug het ek net so stil-stil my eerste blog post gedoen en gedink

“O well, kom ons sien wat gebeur.”

Een jaar, twaalf maande, 365 dae en my lewe het hier en daar verander maar die groot verandering kom in my voor. In een jaar is my ouma dood, twee bulls het in ‘n china shop mekaar gepak, ek huil gereeld as ek dink daaraan dat my ouma se huis verkoop gaan word, my huwelik is awesome, ek glo uiteindelik dat ek kan skryf, ek werk aktief aan my droom, ek het besef mense is overrated en dat ek fine is met net een of twee om mee te gesels.

Ek het baie verander en dis ‘n goeie ding. Mens word ouer, jy word volwasse en jy word verseker baie-baie moeg vir drama. Of dalk het ek nie verander nie, dalk het ek net wie ek was herondek (duidelik nie my Afrikaans veel verbeter) en gatvol geraak vir bek hou en aan hou. Ek wens ek kon my vinger sit op wat verander het want alles lyk anders die jaar maar daar het niks besonders groot gebeur nie. Dalk is dit hoe die lewe is, ‘n miljoen klein dingetjies gebeur en eendag draai jy om, kyk terug na wie jy was en besef dat die brille wat jy aan het is nou ‘n ander shade. Jy besef jy is glad nie meer wie jy was nie en vir een maal in jou lewe is jy dankbaar daarvoor.

Wat ek wel verseker kan pin point is hoe ek my energie verdeel. Voorheen sou ek myself emosineel vir enige vriend of vriendin beskikbaar stel. Hulle drama was my drama en mense, ek het myself 24 uur ‘n dag met ANDER mense se drama besig gehou. En ek was net te greetig om my eie met hulle te deel. Dit was soos om ‘n druggie te wees en toe ek uiteindelik detox en besef dat ek is nie selfsugtig as ek nie deel wil wees van jou kak nie, toe val dinge in plek vir my. Ek hoor gereeld uit die ou dorp stories oor my en waar dit voorheen my geweldig sou ontstel dat iemand so van my skinder, gee ek nou glad nie om nie. Inteendeel, dankie dat julle aan my dink. Ek het ook die wat by my kom skinder ‘n long walk of a short pier gegee want wat ander mense van my kwyt raak is nie meer my k@k nie. Dit wys wie hulle is, nie wie ek is nie.

So die Haas het zen geword, privaat geword (met sekere dinge) en ‘n badass storie fabriek geword. Net jammer ek het geen idee hoe om maer te word.

So hiep-hiep-hoera vir Die Wit Hasie and many more to come.

 

Advertisements

6 responses to “1 Jaar oud!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s