Net die plante rus in die winter

Dis nou amper ‘n jaar terug wat ek die laaste boodskap van my ouma af gekry het. Mense reken dat tyd vlieg, tyd maak alles beter maar ek kan eerlik waar vir jou vertel…dis ‘n klomp kak. My oupa is September 2014 oorlede en ouma Julie 2016 en elke dag voel ek die verlies. Daar gaan dae verby wat ek dalk net een keer, vinnig aan hulle sal dink en ander dae wat ek van die oggend tot die aand na hulle verlang. Daar is seker nie ‘n manier wat mense kan verstaan hoe jou hart voel as hulle nie ook ‘n great ouma of oupa of altwee gehad het nie. Gelukkig is daar ‘n spaar oupa en ouma wie ek ongelukkig hopeloos te min sien. Dis moeilik met die dat ek in die boendoes sit. My oupa het aan die begin van die jaar ‘n heup operasie gehad en binne ‘n paar maande het hy alle soort toertjies met die krukke gedoen. Hy is in sy 80’s net so toevallig. Ek is oortuig daarvan hy gaan lewe tot diep in sy 100’s.

Die twee oumense wou veras word. Een is in die wildtuin en die ander een iewers by die see. Ek wonder soms of mense besef hoe kwaai suck dit as jy nie ‘n plekkie het om vir jou mense te gaan kuier. Laat ons dan ‘n boom plant vir julle en die hele lot om die boom gaan strooi soos wat elkeen die emmer skop. Generations of fertilizers. ‘n Bietjie donker humor om die week mee te begin.

Ek besef ook dat middel winter is die tyd wat dinge in my lewe gebeur. Buiten dat dit my en Manlief se verjaardae tye is, is dit ook die tyd wat ons getrou het, ek die skoolvriende vaarwel toe geroep het, ek myself gevind het en ook vir manlief, grootste break-up gebeur het, oupa seer gekry het (en later oorlede is), ouma is oorlede, daar is by my huis ingebreek and the list goes on. Alles tussen Mei en September. Ek jok nie as vir julle vertel dat die res van die jaar gebeur daar regtig niks nie, dis chill en sonder drama. Dan kom winter en elke gogga uit die wood works. Ek hoop om die jaar sonder ‘n hoe-ha deur die winter te kom, om net een jaar ‘n rustige winter te beleef. Die winter is after all die natuur se tyd om te rus en ons sin ook.

O ja, ek het 15 stories wat moet in wees teen 1 September en ek is nog 8 kort so dis eintlik weer ‘n winter vol paniek maar gelukkig nog nie vars trane nie. Net ou trane wat my elke nou en dan vang. Veral as ek van die oumense droom.

Ek sal die jaar ‘n boom of bos of blom plant vir hulle. Dalk laat dit my beter voel.

Die Wit Hasie

Advertisements

One response to “Net die plante rus in die winter

  1. Ek stem 100% saam met jou. Mense strooi due as op enige plek en dan is daar nie ‘n plekkke waar jy kan gaan afskeid neem nie.
    ‘n Tannie wou op Struisbaai gestrooi lê, op die baaitjie voor hul strandhuis. Die oom het so gemaak en dit loop gooi daar. Voor hy nog sy oë kon knip, kom ‘n brander en daar is dit weg! Dit het hom baie lank geneem om te verwerk.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s