Off with his head…the small one

Hoekom het verkragters en molesteerdes regte? En hoekom laat ons as vrouens toe dat die vervolging van hierdie mans in ander mans se hande is? Hoekom mag ons nie vra dat mans wat verkrag en molesteer se wapen verwyder word nie? Hoekom is daar duisende mense wat “march” vir gay regte en nie miljoene vroue wat dit doen vir ons regte? Nee poppies, ek praat nie van regte om in die army te wees of ‘n brandweervrou te wees of sulke useless feminist stront nie. (Nie alles wat die fems voor staan is bad nie hoor maar die fokus is bietjie af) Val bietjie in die pad vir iets wat al van die begin van tyd af ‘n gevaar vir ons is, mans wat hulle tool as ‘n wapen gebruik. Ek vra weer, hoekom mag so ‘n man se wapen nie van hom weg geneem word nie, hoekom het hy regte?

Vroumense wil as gelykes hanteer word deur mans wat beteken jy moet nie verwag ‘n vreemde man vir jou die deur gaan oop hou by die poskantoor nie, hy gaan dit nie vir ‘n ander man doen nie. Ek wil nie gelyk hanteer word nie want ek is nie. My lyf is gemaak om nuwe lewe in hierdie wêreld in te bring, om te versorg en oneindige liefde te gee. Nee my maat, ek is nie gelyk met jou….ek is meer. Maar sien, ons het altyd van mans verwag om ons te beskerm teen ander mans en laat ek jou vertel, it has failed. ‘n Man kan nooit ooit verstaan hoe dit voel om heeldag al dag met daardie bang agter in jou kop te loop dat as iemand jou nou gryp, hy nie net jou gaan roof nie, jou nie sommer net gaan moor nie maar jou verkrag voor hy enige van dit doen. Mans sal nie verstaan hoe vrouens nooit ooit heeltemal kan ontspan en net lekker kuier nie want jy moet jou drankie dop hou, jy moet twee-twee gaan piepie sodat ‘n iemand jou nie in die badkamer kan vaskeer nie, jy moet twee keer kyk na hoe jy aan trek want as iemand jou verkrag dan gaan hulle reken jy het daarvoor gesoek. So hoekom los ons dit in mans se hande?

Het jy geweet dat om ‘n vrou te verkrag is ‘n fetish? I kid you not, Google dit en miljoene sites duik op waar mans na clips kan kyk, porn kan kyk van dit. Dieselfde met kiddie porn. Sielkundiges het al keer op keer op keer bewys dat mans wat hierdie dinge doen, nie verander nie. Nooit nie! Jy kan hom hoeveel keer tronk toe stuur maar hy gaan dit weer doen sodra hy die kans kry. So ek vra julle weer, hoekom mag ons nie vereis dat mans wat kinders molesteer en vrouens verkrag se wapen van hulle geneem word nie? Jy is nie ‘n ware feminist tot jy iets gedoen het, JY nie jou man, om vrouens en kinders teen sexual deviants te beskerm nie. Ons is vinnig op ons perdjie as ‘n man ‘n vrou slaan, ons wil in hakskoene oor dit loop, terwyl ek veel eerder voel daardie einste hakskoen se hak in die een-oog-monster se oog gedruk moet word.

Ek weet nie dames, ek rant en rave iets vreeslik vandag want die woede kook hier binne my maar so kan dit nie aangaan.

Die Wit Hasie

Advertisements

2 responses to “Off with his head…the small one

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s