Die Hasie soek ‘n gat sonder wi-fi

Fekkit, die liewe wit haas vat nie grond nie. My muse het gaan vakansie hou saam met my wilskrag. Ek vermoed hulle het ‘n affair en my middel kan daarvan getuig (en my stywe jeans). Sien, as die muse tuis is en wilskrag sit met ‘n goofy smile haar en aan kyk dan word daar gewerk. Ek fokus op skryf en nie op vreet nie. Die huis word ook dan sommer oorgedoen en netjies gemaak. Op die oomblik lyk dit of plakkers skelm in die aand hier kom slaap EN ek het geen bewys dat dit nie so is nie.

Ek kry myself so flippen jammer omdat ek weer so vet geword het en om myself te troos hang ek op Facebook rond terwyl ek vreet. Eerlikwaar wil ek graag my muse en haar gatgabba do@#$r as ek hulle weer sien. Die twee gaan opdaag net dae voor ek al my stories moet instuur en dan gaan ek weer my slaap moet afstaan om alles gedoen te kry. Ek het vanoggend wakker geword sonder ‘n idee wat ek gaan skryf of ‘n lus om op te staan. Die belofte van koffie kon my nie eers roer nie en al wat ek kon dink is:

Ek’s gatvol.

Facebook en TV steel my tyd en ek het desperaat ‘n plek nodig waar daar nie sein is nie. Ek is gatvol vir die samelewing waar alles ‘n click ver is en dis vreemd want sonder daardie click het ek nie ‘n blog gehad. Ek verlang na die dae van briewe skryf en waar jy ‘n koerant moes koop om te weet wat gebeur aan die anderkant van die land. Ek verlang na ‘n tyd waar tyd stadiger beweeg het en daar nie soveel dinge was wat dit gesteel het nie. Mense, ek is reg om off the grid te gaan. Ek kan nie wag om Moz toe te gaan volgende week nie. Daar is geen sein en selde krag. My vermoede is dis waar die twee lovers is en sodra ons mekaar daar raak kuier, gaan ek my 8 stories gedoen kan kry. Gelukkig is my man die tipe wat dinge op sy eie doen so ek gaan nie gedwing word om vis te gaan vang nie. Ek sal maar mag sit en skryf.

Ja die internet en selfone het ons lewe verbeter maar het dit regtig? Hoeveel affairs word aangeknoop so oor social media? Hoe scary is dit om te dink dat ‘n pedofiel in jou huis is, op jou kind se selfoon, vermom as ‘n nuwe maatjie? Elke ou deel nou sy hele lewe met miljoene gesiglose volgelinge wat sy #burgermunchies “like” en elke dag weet presies waar hy is met sy geo tagging. Jy kom nie meer by die huis en los nie die drama ander kant jou hek nie. Nee, jou baas kan sommer nou in jou slaapkamer instap 8 uur die aand via whatsapp. Julle kyk nie meer na julle kinders nie maar na ‘n skermpie en kinders het nie meer verbeelding nie want youtube dink vir hulle. Elke rassis, homophobe en dies meer het nou ‘n publieke platform om hulle haat met ander te deel. En liefie hoef nie meer die Scope skelm by die kaffie te gaan koop en onder die kas weg te steek nie, nou sit hy sommer langs jou en kyk na ‘n live feed.

Ek vertrou nie tegnologie nie en ek is moeg vir dit. Alles wat ek nou doen is op hierdie klein skermpie nie veel groter as ‘n boek en dit voel of ek my siel verloor. Ja, ek sou nooit geweet het of kon deel neem aan kompetisies in SA soos ek nou doen sonder die internet en social media. Ek weet dit. Maar is dit verkeerd om so bietjie te hoop vir ‘n klein EMP?

Die Wit Hasie

Advertisements

5 responses to “Die Hasie soek ‘n gat sonder wi-fi

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s