Die Haas verbaas haarself

So nie net kan ek kick ass blogs bou (aka SA Stories blog) maar nou kan ek awesome nuusbriewe ook saamstel. Nuusbrief 1

Nou, dis nie iets groot nie maar dis iets wat ek nooit gedink het EK sal kan doen nie. Dis asof ek op (en jy besef jy word ouer as jy nie mooi seker is hoe oud jy is en eers moet gaan kyk) 31 wakker geword het en my brein gevind het. Wat het ek met my lewe tot nou gedoen? Ek wonder soms of dit groot word of wakker word is en waarom daar so baie mense is wat net nie “word” nie. Daar is mense wat ek jare terug geken het, onlangs weer gesien het en besef het dat byna 10 jaar verloop het van die laaste “sien jou later” en tog het die persoon glad nie verander nie. Is dit ‘n goeie of ‘n slegte ding? Vir my sal dit sleg wees as 21 jarige ek en 31 jarige ek nog dieselfde mens is. Ons almal behoort elke dag beter as gister se ek te wees, al is dit net omdat gister-ek nie haar hare gekam het nie en vandag ek darem sover gekom het om dit te was EN kam. Small steps.

Die Wit Hasie

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s